Thursday 18 September 2014
Toe leer ek - dit is regtig so.
2013-02-11 17:36
Toe leer ek - dit is regtig so.
Lilly
Posted By:
Lilly
Theme: Het jy geweet?

Het jy geweet dat blykbaar alle versekerings maatskappye dit doen?


 

Jy is nooit te oud om te leer nie. Die gesegde is voorwaar waar en as ek dit nie self met my gebeur het nie sou ek sukkel om dit in vandag se lewe te glo.


Verlede Donderdag kom ek by die klas - so hittete of ek was laat, en natuurlik in 'n groot gejaag maak ek my kattebak (wonder of daar regtig katte in die bak was oor die naam?) oop om my skootrekenaar uit te haal.


Maak die deur toe en skielik besef ek iets is fout. My motor sleutel is nie meer aan die bossie in my hand nie. Nou wat nou - ek is nie eers 100% seker na die jongste trek, van die net ander dag, waar die spaar sleutel is nie. Eers probeer die lektrise my help - nee wil nie werk nie. Twee brawe manne daag op die toneel op om te kom help. Die een brawe nuwe onbekende vriend sê toe: "Kontak jou versekering hulle kom gratis uit en maak jou deur vir jou oop". Verstom oor die opmerking en so bietjie onseker of hy my been trek - sê ek net - Regtig?


Hy gaan haal toe sy selfoon kry Santam se na ure nommer vir my en sê ek moet sy selfoon gebruik om hulle te kontak. Waar in vandag se lewe kry mens so iets.


Santam verseker my dat hulle die "road runner" (dit klink soos die boesmannetjies wat lank lank lank lank gelede die briewe van een dorp na 'n ander geneem het per voet) sal uitstuur.


My nuwe "road runner" vriend kry uiteindelik die plek en binne 20 sekondes is my motor se deur oop.


Wat 'n ongelooflike les wat ek toe die dag leer. Versekerings doen dit maksimum 2x per jaar vir jou behalwe as jy voor jou huis uitgesluit is. Dis gratis en beïnvloed nie jou premie nie.


In my geval was dit Santam maar blykbaar doen Mutual & Federal dit ook. Hoor bietjie en laat weet as jou versekering ook sulke puik diens lewer.

facebook
twitter
img
img
img
  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE

top
bottom