Sunday 23 November 2014
Home / News / Seodin-skoonhede op aand gekroon

KINDERS word deesdae van baie jongs af geleer om hulle met selfvertroue aan mense te kan voorstel. Leerlinge van die Laerskool Seodin het verlede Donderdagaand so ’n geleentheid gekry op die jaarlikse Mej. en Mnr. Seodin-aand. Die spesiale geleentheid is in die skoolsaal aangebied waar leerlinge in vier afdelings deelgeneem het: Mnr. Seodin en Mej. Seodin vir die senior leerlinge (gr.4 tot gr.7) en Mnr. en Mej. Seodin vir die junior leerlinge (gr.1 tot gr.3).

Ná die openingsnommer waarin deelnemers met spesiale T-hemde opgetree het, het hulle in informele drag en formele drag op die loopplank verskyn. Die loopplank het van die verhoog tot reg voor die beoordelaars, Johan Coetzee, Lynn-Mari Olivier, Carika Smit, Mariette Killian en Morné Killian, gestrek waar die deelnemers elk sy eie besonderse bewegings uitgevoer het. Die stappery is met ’n can-can-dansie deur vier meisies afgewissel. Die vorige jaar se seunswenners, Louwan Horn en Liam West, het die meisies die eerste paar treë begelei en die vorige meisiewenners, Milan Horn en Ninke Potgieter, het elk ’n ereronde op die loopplank gestap.

Die wenners van die junior afdeling is Mej. Seodin Junior, Johané Schoeman, die eerste prinses, Zoey Lombard en die tweede prinses, Caylynn Victor. Mej. Fotogenies is Tessa Smit en Mej. Persoonlikheid Johané Schoeman.

Mnr. Seodin Junior is Ethan West. Die eerste prins is Gerhard Burger en die tweede prins Darius van der Merwe. Mnr. Fotogenies is Darius van der Merwe en Mnr. Persoonlikheid is Gerhard Burger.

Die wenners van die senior afdeling het ook hul krone ontvang. Mej. Seodin is Charné Williams, die eerste prinses is Madri Nieuwoudt en die tweede prinses Charné Slabbert. Mej. Persoonlikheid is Carla Herbst en Mej. Fotogenies is Stephanie Hanekom.

Mnr. Seodin is Louis Alberts en die eerste prins is Pieter Smith. Die tweede prins is Carl Erasmus. Mnr. Fotogenies is Johnny Markram en Mnr. Persoonlikheid is Louis Myburgh.

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE & BACK COPIES

top
bottom