Saturday 25 October 2014
Local Guide
Kuruman, Kathu en omgewing

oog
Die Oog is 'n konstante fontein in Kuruman wat ongeveer 20 miljoen liter water per dag lewer. Dit is die grootste natuurlike fontein in die Suidelike Halfrond. Dit is waarom Kuruman die Oasis van die Kalahari genoem word. Besoekers kan lekker piekniek langs die water onder Wilgerbome hou en die visspesies en fyn borreltjies uit die grond dophou. Die Oog is reg langs die hoofstraat wat deur die dorp loop, geleë. Kontaknommer: 053-712-9300.
moffat
Die Moffat Sendingstasie in Kuruman is in 1831 gebou en nou as nasionale monument verklaar. Robbert Moffat, 'n Skotse sendeling het vir baie jare hier gewoon. Sy dogter is met David Livingstone, ontdekker van die Victoria Waterval in Zimbabwe, getroud. Die kerk van stene by die sendingstasie is in 1833 voltooi en kan 'n gehoor van 800 mense huisves. Besoekers kan die klaskamer (1829 gebou), die Moffathuis, die Livingstone kamers, die museum en die begraafplaas. Die kerk is steeds baie gewild vir troues. Moffat het die bybel in Setswana vertaal en met 'n gedruk. Dit was die eerste gedrukte bybel in Afrika. Die drukpers word in die museum uitgestal en kan steeds gebruik word indien nodig. Die Maphakela sentrum by die sendingstasie verskaf verblyf vir 30 mense vir kursusse of vergadering. Kontaknommer: 053-712-1352.
wonder
Die Wonderwerkgrot is 43 km suid van Kuruman op die Daniëlskuilpad na Kimberley. Die eerste tekens van menslike grotbewoning is sowat vier jaar gelede in die Wonderwerkgrot gekry toe artefakte van sowat twee miljoen jaar oud deur argeoloë gevind is. Dit maak dié grot die een waarin die vroegste tekens van mense in die wêreld gekry is. Mnr. Peter Beaumont, 'n argeoloog wat vroeër in die Wonderwerkgrot gewerk het, het toe gesê hy glo hulle sal mettertyd die gebied as die "kern van die wêreld" van tweemiljoen jaar gelede kan beskryf. Uitgrawings in die grot het reeds in die 1970's begin. Die grot is 139m diep en word van groot argeologiese belang geag. Rotstekeninge van vroeë inwoners is by die ingang van die grot sigbaar. Besoekers kan die grot en die uitstallingsentrum besoek asook voëlsoorte van die omgewing. Daar is braaigeriewe en oornagverblyf in chalets naby die grot.
carmel
Die Boesmangat op die plaas Mount Carmel, 55 km suid van Kuruman op die Daniëlskuilpad is amper heeltemal gevul met water en 270 m diep, een van die diepste varswater grotte ter wêreld. Baie wêreldrekords in grotduik is al hier opgestel, maar Boesmangat het ook al lewens van uitstekende duikers geëis.
brul
Witsand Natuurreservaat is bekend vir sy wit sandduine aan die suidekant wat "brul" en daarom Brulsand genoem word. Die sand brul net wanneer dit droog is en word veroorsaak deur die wit sand wat oor die rooisand lê en brul as jy daaroor sou loop of hardloop. Witsand, wat naby Olifantshoek geleë is, bied oornag of vakansieverblyf. Hulle beskik oor chalets, swembad, voëls besigtiging, stap en bergfietsry asook duinskaats. Witsand is ook deel van die jaarlikse Desert Run. Kontakbesonderhede: 053-313-1061/2 of 083-234-7573.
omgewing
Die Kurumanomgewing is bekend vir sy pragtige Kameeldoringbome. Hierdie reuse ou Kameeldoring staan by die Laerskool Seodin en in die agtergrond is die oorspronklike klipgebou te sien wat vandag nog deur die Hoërskool Kalahari gebruik word.
thota
Die Kalahari skoonheid by Thota Lodge wanneer die son sak oor die veld op die pad na Vanzylsrus. Die doringboomveld tussen wuiwende gras en sandduine bied huisvesting vir wildsoorte en 'n besoek iets besonders.
tswalutswalu
Tswalu Lodge op pad na Vanzylsrus is een van die spog wildplase wat veral deur oorsese toeriste besoek word. 'n Trop Gemsbokke wei rustig saam met vele ander wilde boksoorte.
wildritte
Wildritte om 'n verskeidenheid van wildsoorte, waaronder renosters, leeus, kameelperde, hiënas, rooi hartebeeste, wildehonde, jagluiperds en ander wild te sien is, word op Tswalu aangebied. Voëlliefhebbers kan ook 200 verskillende voëlspesies besigtig.
Behalwe vir boerdery bedrywighede en wildplase is mynbou een van die omgewing se hoof bronne van inkomste en werkverskaffing. Kumba, BHP Billiton, Assmang en Finsch-myne bestaan die langste in die omgewing. Idwala Lime, UMK, Kalagadi en Tshipi is van die ander myne wat in die omgewing. Die laaste drie is Mangaanmyne.
Op Blackrock, (foto bo) ongeveer 70 km vanaf Kuruman in die rigting van Vanzylsrus word daar met Mangaan gemyn. Die myn behoort aan Assmang. Assmang se ander myn is op Beeshoek, naby Postmasburg.
kumba
Die Kolomelamyn is die nuutste toevoeging tot Anglo American Kumba Iron Ore en is op Postmasburg geleë. Die myn produseer ystererts wat op 'n blinknuwe Transnet-spoorlyn na die Saldanha-hawe vir uitvoer aangery word.
ystererts
Ystererts word deur 'n reuse laaigraaf op 'n reuse vragmotor by die Sishenmyn van Kumba Iron Ore, Anglo American, se oopgroef geskep.
kathu
Groot Laaigraaf, grootste in die wêreld by die Sishenmyn op Kathu. Onder is die bak van die trok in vergelyking met die ander voertuie.
kgalagadi
MANGAAN: Die son kom op oor die ventilasieskag van die Kgalagadi-myn naby Hotazel.
gholfland
Die ingang van die Kalahari Gholflandgoed by Kathu waar 'n pragtige gholfbaan tussen die Kameeldoringbome uitgelê is.
karretjie
Gholfkarretjies staan gereed vir die gemak van die gholfers, waaronder professionele gholfers jaarliks deelneem. Ander sportsoorte soos tennis, jukskei, rolbal en 'n volledig toegeruste gimnasium met binnehuise swembad is deel van die Kalahari Country Club. Die klubhuis maak ook voorsiening vir gholfers om toerusting benodig te koop asook 'n restaurant met 'n stoep wat oor die gholfbaan uitkyk.
karretjie
billy
'n Staptog deur die Billy Duvenhage Wildkamp op Kuruman kan met die plaaslike munisipaliteit gereël word by 053-712-9300.
buiteklub
Die Kuruman Buiteklub huisves sportsoorte soos gholf, tennis, muurbal en rolbal.
Upington en omgewing

oranjerivier
Die Oranjerivier is die lewensaar van die omgewing. Vanaf Boegoebergdam kronkel die rivier tussen wingerde voordat dit by die indrukwekkende Augrabies Waterval na benede stort.
eilandvakansie
Upington se palmlaning by Die Eilandvakansieoord is sekerlik een van die redes waarom Upington as die boomrykste dorp in Suid-Afrika gekroon is. Die palms is in 1935 deur amptenare van die destydse departement van grond aangeplant en is in 1982 as 'n nasionale monument verklaar. Die palmlaning is 1041 meter lank en bestaan uit meer as 200 dadelpalms wat dit een van die langste en digste palmlanings in die suidelike halfronde maak.
Upington, die boomrykste dorp in Suid-Afrika
Upington wat pas as die Boomrykste dorp in Suid-Afrika deur die departement van landbou, bosbou en vissery aangwys is, vorm die hart van die Oranjerivier wynstreek en die afskoppunt vir 'n besoek aan die Groen Kalahari. Upington is in 1884 aan die oewer van die Oranjerivier gestig. Die dorp is na Sir Thomas Upington, destydse premier van die Kaap, vernoem. Upington het uit 'n sendingstasie wat in 1875 deur Eerwaarde Schröder gestig en bestuur is, ontwikkel. Die oorspronklike sending stasie huisves vandag die Kalahari Oranje Museum Kompleks. Voor die museum staan 'n standbeeld van donkie. Die standbeeld is opgerig om die groot bydrae wat die donkie gemaak het in die ontwikkeling van die gebied te vereer. In die museum word huishoudelike items van die tydperk uitgestal. Besoektye: Maandag tot Vrydag vanaf 8:00 tot 16:00. Adres: Schröderstraat 4.
museum
Die ou sendingstasie wat deur Eerwaarde Schröder in 1875 gestig is, vorm vandag deel van die Kalahari Oranje Museum Kompleks.
donkey
Die Donkie word met dié standbeeld voor die musuem vereer. Die donkie het 'n groot bydrae gelewer in die ontwikkeling van die omgewing. Op die agtergrond is die Kalahari Droë Vrugte Winkel waar besoekers aan die streek 'n panoramiese uitsig oor die Oranjerivier en brug kan geniet terwyl hulle van die plaaslike droëvrugte kan koop. Kontak nr. 054 331 2430
Die donkie is 'n wonderlike ding.

Een van die oudste donkie-standbeelde in die wêreld is die bekende een hiér. Die stryd om die donkie met dié standbeeld te vereer word met uittreksels uit 'n brief van A.K. Cornelissen geïllustreer. Hy het die brief in 1984 aan die museumraad geskryf om die raad te oortuig om 'n standbeeld ter ere van die donkie op te rig. In sy brief haal hy die harde woorde aan wat 'n transportryer destyds inmoeilike tye een van sy donkies toegesnou het: "Vreet klippe, moenie vir my staan en vir my skree nie, vreet klippe, magtag, ek het dan self nie kos om te eet nie."

Cornellisen het geskryf die armblanke en die donkie was sinoniem in die ontwikkeling van Upington en omgewing. Droogtes en runderpes het boere tot hongersnood gedryf en baie het met net 'n wa en 'n paar donkies hierheen gekom. Die runderpes en perdesiekte het nie die donkies siek gemaak nie en donies was ook baie goedkoop. Sonder donkies kon mense hier nie oorleef nie. Die donkie was nie net 'n werkesel nie, maar ook 'n vervoermiddel en is selfs in uiterste gevalle geëet.. Daarom is gevoel dat die nederige dier vereer moet word.

Cornelissen het voorgestel dat ene Kerneels Visser 'n mooi donkie kry waarvan hulle foto's kan neem wat dan aan die beeldhouer, Hennie Potgieter, as die ideale donkie voorgehou kan word. Die donkie moes "fors en fier,ore lewendig, vorentoe in tuig en kortswingel gereed om te trek"wees. Die donkie mag nie lyk soos "'n donkie wat hard beur nie, want dan laat sak hy sy kop tot byna op die grond en dit mag nie na dieremishandeling en vernedering lyk nie."

Gene Louw, administrateur van Kaapland, het die donkiestandbeeld onthul nadat een van die grootste optogte in die geskiedenis van Upington deur die strate beweeg het.

kerkmolen
The Mill of die "kerkmolen" of "oude meulen" soos hy toentertyd bekend gestaan het, is op inisiatief van Eerwaarde Schröder gebou en is vandag 'n heerlike padstal in 'n prikkelende omgewing wat buiten vir heerlike etes ook die nuutste dekor tendense in die vorm van handgemaakte artikels, geskenke, huisdekor en deli-produkte verkoop.
The Mill

Die kerkmolen is in die laat 1885's op inisiatief van Eerwaarde Schröder en ene Mnr. Scott gebou. Water vanaf die kanaal is na die groot waterwiel (wat vandag nog binne en buite die ou geboutjie besigtig kan word) gekanaliseer. Die water het die wiel laat draai wat dan die nodige krag deur middel van hefbome opgewek het om die meulstene te laat draai.

Die eerste meel is in Desember 1886 gemaal. Daarna het Eerwaarde Schröder nog 'n paar verbeteringe laat aanbring om só produksie te verhoog. In Junie 1888 is 'n nuwe rat en meulsteen installeer. Die meul is befonds met bydraes van die lidmate en bydraes is in die vorm van kontant, vee of arbeid gemaak. 'n Mnr. Blake het in 1903 in sy dagboek geskryf dat weens slytasie en die abie werk wat die leul moed doen is 'n stoom-meul eerder opgerig.

Tans bied The Mill 'n unieke ervaring vir beide die plaaslike mark sowel as die nasionale- e internasionale toeris deur die aanbieding van keurige handgemaakte artikels, geskenke, huisdekor en deli-produkte. Daar is gereeld nuwe voorraad wat in pas is met die nuutste dekor tendense. Die padstal-atmosfeer omring deur natuurgeluide en kabbelende water tesame met die historiese estetika van die "oude meulen"maak 'n besoek aan The Mill 'n ervaring enig in sy soort. The Mill se kombuis verras kliënte deurgans met maarde vir geld treffer geregte in 'n onopgesmukte milieu. Die diversiteit van wat gebied word, genoegsame parkering en toeganklikheid maak hierdie 'n ervaring wat nie misgeloop kan word in Upington.

mill
Landbou en veral wingerdbou speel 'n groot rol in die lewens van Upingtonners. Die kronkelende Oranjerivier met wingerde aan weerskante omring deur die Kalahari skep 'n besonderse prentjie wat die benaming Groen Kalahari pragtig illustreer.
Orange River Cellars

Die wyndruiwe van Orange River Cellars is van 900 deskundige wynboere al langs die Oranjerivier ook bekend as die Groot Garieprivier afkomstig. Hierdie wingerde strek oor 'n afstand van meer as 300 km vanaf Groblershoop tot by Blouputs. Die terroir (geo-fisiese en mikro-klimaats) diversiteit van dié ongeëwenaarde dorsland, lei na die produsering van kultivar en versnitte wyne van onnavolgbare variasie wat betref aroma en smaak.

Die beskikbare deskundigheid, ondersteun deur goeie beplanning, voortdurende wederkerige samewerking en dinamiese wingerd en kelder bestuur, word effektief toegepas om die terroir diverisiteit van die wynproduserende streek te gebruik om konstant top kwaliteit wyne te produseer.

Orange River Cellars bied 'n wye verskeidenheid droë witwyne, natuurlik-soet wyne en droë rooi wyne, sowel as dessert wyne aan. Hierdie wyne moet met groot sukses biede plaalike en internasionaal bemark en word deur wynkenners en wynliefhebbers geniet.

Die Kalahari-kuierfees
kuierfees
Elke jaar aan die einde van September vind die balengrikste inskrywing op die omgewing se sosiale kalende plaas: Die Kalahari-kuierfees. Met die Kalahari-kuierfees word Afrikaans omskryf, asook die omgewing se toerisme aantreklikhede, sport, inheemse kos, streeksprodukte, die natuur, eiesoortige kulture, teater en opbouende musiek.
Die Groen Kalahari
augrabies
Upington vorm 'n deurgang na die res van die streek wat 'n wye verskeidenheid en diversiteit aan die besoeker bied. Vanaf die Kalahari tot by die Augrabies Watervalle is daar iets vir elke smaak.

woestyn
Die Kalahari Woestyn is 'n groot semi-ariede sanderige savanna wat bykans 900 000 vierkante kilometer beslaan. Dit is die ideale vakansiebestemming met 4x4 roetes, wildparke en slefs een maal per jaar die venue vir die Speedweek wat op die Hakskeenpan plaasvind.
Die Kalahari Woestyn
As 'n semi-ariede woestyn met groot dele wat goeie weikrag het na goeie reën kan die Kalahari meer diere as ander woestyne onderhou. Dit moet nie met die Namib woestyn verwar word nie omdat dit aparte woestyne is wat op verskillende maniere gevorm is. Die naam Kalahari is afgelei van die Tswana woord Kgala wat "Groot Dors" beteken of van Khalagari, Kgalagadi of Kalagare wat "Waterlose Plek" beteken. Tog is die Kalahari nie 'n ware woestyn nie, Dele van die Kalahari ontvang meer as 250 mm water in die vorm van wisselvallige reënval en is redelik met plantegroei bedek. In die Suid-Weste kry die Kalahri slegs 175 mm reën wat dit amptelik 'n fossiel woestyn maak. Somer reënval wissel tussen 20 en 45 grade celsius. Tog is temperature van 50 grade celsius al aangeteken. In die droogste, sonnigste dele van die Kalahari word meer as 4 000 ure van sonskyn per jaar aangeteken.
oorgrenspark
Die Kalahari het 'n groot hoeveelheid wildreservate waarvan die Kagalagadi Oorgrenspark seker die bekendste is. Diere wat gesien kan word sluit die bruin hiëna, leeus, meerkatte, kameelperde, vlakvarke, jakkalse en verskeie boksoorte soos eland, gemsbok, springbok, hartebees, steenbok, koedoe en duiker in. Daar is ook vele voël en reptielspesies wat hier voorkom. Plantegroei in die Kalahari is meestal grassoorte en akasia, maar meer as 400 plant spesies is al geïdentifiseer.
Die Kalahari-kuierfees
sanmense
Die enigmatiese Khoi- en Sanmense van die Kalahari dra by tot om die deel van Suid-Afrika net nog meer interessant en uniek te maak. Vandag word baie gedoen om taal en kultuur van die Sangroepe te beskerm.
Die Rooi Duin Roete
Die plaaslike inwoners van die Kalahari met hul glimlagte so breed soos die grenslose blou lug maak van die Rooi Duin Roete gebruik om besoekers aan die streek welkom te heet. Hier is daar geen afsluittye of daaglikes geskarrel nie en besoekerskan dus die tydlose plesiere van die Kalahari geniet. 'n Stappie deur die natuur, tuisgemaakte maaltye, pieknieks hoog bo-op 'n sandduin en kampvuur stories onder 'n asemrowende sterbesaaide naglig. Hier tussen die rooi duine vind jy 'n plek om te rus en jou siel te vernuwe. Net soos die rooi sand van die Kalahari deur jou tone sypel so sypel die Kalahari ook in jou hart in en bring jou keer op keer terug.
rooiduin
Die mense wat al die Rooi Duin Roete besoek het, getuig van sy eindelose landskappe, wild, rollende duine, antieke kulture en warm gasvryheid wat hulle hier ervaar.
buiteklub
Vandag is die beste manier om die Kalahari te verken met die Rooi Duin Roete.
Spitskop Monate Lodge
spitskop
Spitskop Monate Lodge is 'n klein wildpark wat slegs 13 km noord van Upington geleë is. Die wildpark bied 'n teovlugsoord vir zebra's, springbokke, volstruise, elande en wildebeeste. 'n Teleskoop bo-op die Spiskop maak wildkyk baie maklik. Daar is 34 km gruispad en drie staproetes wan verskillende afstande. Spitskop bied ook piekniekplekke vir moeë stappers of gesinne wat net 'n bietjie wil wegbreek. Spitskop is 13 km uit op die R360. Kontak nr. 083-445-8324
Groblershoop en die Boegoeberg Ekoroete
groblershoop
Die streek vanaf Groblershoop deur Grootdrink na Upington vorm deel van die Boegoeberg Eko roete waar perdryritte, 4x4 - en staptogte aangepak kan word.
Die roete strek vanaf die Boegoebergdam in die Suid-Ooste tot by Upingtonin die Noord-ooste van die streek, oor 'n afstand van 150 km.
'n Diverse streek waar die groen Oranjeriviervallei die enigste skeiding is tussen die Karoo in die Suide en die Kalahari in die noorde.
'n Gebied met sy eie interessante geskiedenis waarvan die geologiese geskiedenis soos die eselkloupan en 'n gliplaag van 3,5 biljoen jaar oud deel daarvan is.
Die Boesman grot wat weer deel uitmaak van 'n geskiedenis toe die San nog vry oor hierdie wye gebied die wild troppe wat geen grense geken het nie kon volg en volgens legende in 'n noodlottige skermutseling met die Koranas betrokke geraak het.
Ook die begin en swaarkry jare met die aanlê van die Boegoebergskema en die name van plekkies oral langs die Oranjerivier 'n herinnering is van hierdie interessante tydperk.
Besoekers kan 'n hele aantal 4x4 roetes aandurf, op vierwiel motorfietse rondrinkink of die avontuur meemaak om op 'n kano die Groot Oranje aan te durf. Daar is ook georganiseerde ontbyt of skemerkelk perde ritte tussen die wingerde en langs die Oranjerivier. Vir die meer avontuurlustiges is daar oornag-kampe onder die karoo-hemel vir 1 tot 4 nagte waartydens hulle die groot verskeidenheid plante, diere, insekte en reptile wat besonders aangepas is om in hierdie streek van uiterstes te oorleef. 'n Wonderlike streek waar minder meer kan wees en waar die stiltes jou bring by die dinge wat ons weer mens maak.
ekoroete
Hulle het tot onlangs net aan klein handelaars regoor die land kalbas produkte verskaf.Calabash ( "Calabash.co.za" ) is 'n klein maar eg Suid-Afrikaanse onderneming, gesetel naby Grootdrink. Hulle kweek kalbasse en omskep dit in `n verskeidenheid dekor artikels deur dit te droog op droogbane, die gedroogte kalbasse skoon te maak en daarna te verwerk tot allerlei dekor artikels.
Vanaf plant totdat die kalbasse gereed is om aan kliënte te lewer, neem 'n volle jaar en alle arbeid word deur mense uit die plaaslike gemeenskap gedoen. Hierdie klein onderneming het nog altyd uitkoms aan baie vroue, veral gedurende die winter wanneer werk baie skaars is gelewer, en so word dié gesinne wat by "Calabash" aan diens is, in staat gestel om vir hul afhanklikes te voorsien.
"Calabash" is nie 'n welsynsorganisasie nie, maar is wins en kwaliteit gedrewe en hulle glo dit is die enigste wyse waarop hulle in 'n mededingende mark kan voortbestaan. Hulle roem daarop dat hul produkte uniek en oorspronklik is en hul vervaardigde produkte getuig daarvan.
"Calabash" is trots Suid-Afrikaans en was die verskaffer van alle kalbas-produkte aan Suid-Afrikaanse uitstallings platforms gedurende die 2010 Sokker Wêreldbeker.
Die Kalkwerf primêre plaasskooltjie is verlede jaar deur die departement gesluit en Calabash het besluit om die Kalbas padstal te open om direk aan die publiek te verkoop. In die padstal is daar ook toersite inligting oor die omgewing
Op die Boegoeberg Ekoroete is die Kalbas padstal 'n besonderse afklimplek waar mense kan stop om bene te rek en die interessant boerdery te beleef.
Keimoes, Kakamas en Augrabies
keimoes
Keimoes is veral vir sy magdom klein eilandjies en waterwiele bekend. Die Inligtingskantoor regoor dié waterwiel vorm die hartklop van die Kokerboom Roete.
Die naam Keimoes kom waarskynlik van 'n kombinasie van die Nama woorde "gei"wat groot beteken en die woord "mus"wat fontein beteken. Sommige mense glo egter dat Klaas Lucas, 'n Koranna leier wat ook 'n reputasie as 'n rivier-seerower gehad het, verantwoordelik was vir die naam. Skynbaar het hy 'n nedersetting op die oewer van die Oranjerivier gevestig net om te ontdek dat daar alreeds 'n muis-kolonie gewoon het. Die Koranna woord "Keimoes" beteken muisnes.
regoorkant
Regoorkant die waterwiel is die NG Sendingkerk wat nou die Keimoes Inligtingskantoor huisves. In die inligtingskantoor word handgemaakte artikels van die plaaslike inwoners verkoop. Soos die waterwiel wat deur die een oorkant die pad inspireer is.
Die N.G.Sendingkerk of Witkerk soos hy ook bekend gestaan het is as 'n nasionale monument verklaar en vorm nou die hartklop van die Kokerboomroete
In 1889 is die witkerk ( omdat dit afgewit was) gebou. In die hoofstraat skuins oorkant die huidige waterwiel staan die Witkerk. Eerwaarde CHW Schröder het hierdie kerk in 1889 gebou, destyds sonder toring en met kleibanke. Sekere banke was afgestaan vir blankes. Die kerk was ook gebruik as skool vir baster- en blanke kinders. Die onderwyser was ene Peter Rossouw – 'n drankverslaafde wat R50 per jaar as onderwyser verdien het. Die eerste inspekteur 'n Mnr. Brice het geskryf: "Rossouw is a degraded white man with a coloured wife … of course the teacher is useless but I shall be sorry for Mr. Schröder
Eerwaarde Schröder het 1883 in Upington aangekom en het hierdie kerk in 1889 gebou. Terselfdetyd het Eerwaarde Schöder toesig gehou oor die eerste meule in Mill Site – eiland. Die kanaal is in 1889 voltooi, maar is deur die vloed van 1960 in puin gelê en daar is nou geen teken daarvan nie. Die Sendingkerk en 'n meule is in 1889 voltooi.
Inligtingskantoor
Die huise en erwe langs die rivier het 'n eie geskiedenis, 'n stukkie Suid-Afrikaanse geskiedenis waarvan min mense weet.
Die Keimoes Inligtingsentrum is die polsslag van die Kokerboomroete waar produkeienaars betrokke is. Dit is die platvorm waar diegene betrokke asook die hele area baat kan vind om as 'n groep 'n nismark te skep om aan die toeris 'n baie wyer ervaring te bied en families vir meer as 'n week te kan besig hou. Dit is die verkoopspunt. Die toeris wat meer inligting wil bekom, dagtoere of langer wil reel, plekbesprekings wil doen kan dit ook sommer oor 'n lekker koppie moerkoffie doen. Die geskiedenis en groei van die area kan so beleef word.
spoelgate
Vir die toeris is 'n begeleide toer na die vele eilande van Keimoes en selfs die spoelgate in die riviere 'n besonderse ervaring.
Kakamas
pienk
Die roete vanaf Keimoes na Kakamas is 'n besonderse draai tussen wingerde en interessant rotskoppe deur. Maar die lekkerste is die vele padstalletjies waar mens kan stop. Van al die padstalletjies is die Pienk Padstal seker die interessantste.
prentjiemooi
Dis prentjiemooi om in Kakamas in te ry oor al die brûe en wingerde wat die Oranjerivier omarm.
Kakamas is deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk as 'n kolonie op die plase Soetap en Kakamas aan die oewer van die Oranjerivier gestig. Vandag bestaan Kakamas uit ''n vooruitstrewende gemeenskap van sowat 8 000 mense en is omring met wingerde, lusern en katoenvelde. Die ekonomie is afhanklik van toerisme en landbou. Baie van die druiwe, rosyntjies en wyn wat hier produseer word is vir die oorsese mark bedoel.
Augrabies Watervalle
waterval
Net 'n kort endjie se ry vanaf Kakamas is die indrukwekkende Augrabies Watervalle en die Augrabies Waterval Nasionale Park wat deel van Sanparke vorm.
Die Augrabies Watervalle is die mees indrukwekkende waterval in die Oranjerivier en is ongeveer 120 km vanaf Upington en ongeveer 40 km vanaf Kakamas. By Augrabies val die Oranjerivier deur 'n massiewe canyon na 'n rotsomringe poel sowat 200 meter laer.
Die naam is afkomstig van die Khoi wat dit "Aukoerebis" genoem het wat "Plek van Groot Lawaai" beteken. Dit kan ongeveer elke tien jaar self beleef word wanneer die valle in vloedperiodes werklik groot lawaai. Die hoofvalle en die aangrensende Bridal Veil valle is beide ongeveer 93 meter hoog. Die poel aan die onderkant is onmoontlik om te bereik. In vloedtye hang daar 'n mis oor die valle..
kokerboom
Die beste manier om die gebied te besoek is aan die hand van die Kokerboom Roete. Die Kokerboom Roete begin op die N14 by Naftali en kronkel dan deur Kanoneiland, Keimoes, Friersdale, Kakamas en Augrabies. Op die R359 begin die roete by Louisvale en maak dan 'n draai by Kanoneiland, Eksteenskuil, Neilersdrift, Kakamas en Riemvasmaak. Dit neem die besoeker op 'n reis deur die gebied maar ook deur die geskiedenis van die gebied, sy besienswaardighede en sy interessante kultuur. Kontak nr.054 461 0004